Tuesday 13 December 2011

Die groot 1!

17 November 2010, ‘n jaar terug wat Maril gebore is! Kan dit waar wees? Almal het my gewaarsku en gesê: “Jy moet hulle geniet terwyl hulle so klein is, dit gaan so vinnig verby”, en het dit nie. Alles voel nog vir my so nuut, en tog is ek vir ‘n jaar lank al ‘n ma. Di t voel of ek droom.
Ons het vir M aril ‘n skool-partytjie gehou op die dag van haar verjaardag, maar die Sondag was haar groot partytjie saam met al ons vriende en geliefdes. Ek het daai hele week al gebid dat die weer tog net in ons guns sou tel, want ons het ‘n tuinpartytjie beplan. Tot op die dag het ek so gehoop die weer verander, maar die Kaap en sy weer is baie onvoorspelbaar, en al het dit toe nie gereën nie, het die wind baie sterk gewaai en was dit te koud en onsmaaklik om dit buite te hou. Ek moes maar vinnig plan maak en het ‘n saal daar naby gereel, sodat ons gaste nie verniet daarheen sou ry nie en  nie nodig het om almal te kontak nie. So ja, als het toe nie uitgewerk soos ek dit beplan het nie, maar dankbaar met goeie vriende was die partytjie ‘n sukses.
Dingetjies van Marli wat sy in hierdie afgelope  jaar kwyt geraak het:
·         Sy hou van papier eet, hoekom weet ek nie, maar sy doen. Veral sneusdoekies en toiletpapier.
·         Sy hou van wegkruipertjie speel en kan kraai van die lag.
·         Haar kielie plekke is onder haar voete en op haar ruggie en so bietjie in die nek.
·         Sy is mal oor piesangs.
·         Hou van kinders. Kan vir ure vir hulle sit en kyk.
·         Sy het haar tong ontdek. As jy vra:”Marli, waar is jou tong?”, dan steek sy hom so vêr uit.
·         Sy maak die oulikste vis-bekkie.
·         Sy hou nie daarvan dat haar hande of voete vuil word nie.
·         As sy wakker word, en haar pappa slaap nog, dan tik sy hom so op die skouer en roep “hey”.
·         Baie lief vir haar bad.
·         Sy het diep, diep in haar pa se hart in geklim, natuurlik mamma s’n ook.
·         Sy het dare 4 tande gesny vanaf 9 maande.
·         Sy het begin kruip eers op 11 maande, met tekens van stap.
·         Sy het 26cm in lengte gegroei en 5.5kg in gewig.
·         Haar gusteling prentjies is “Carike en Ghoempie”. Almal van hulle.
·         Sy slaap met teddy oor haar gesig  en sy haat dit om toegegooi te word, sy skop al die komberse af.
·         Sy het op 6 maande Duitse maesels gehad.
·         Sy wou nooit ‘n dummy aanvaar nie.
·         Lief vir diere, maar die kat wil nie stil sit as sy hom aan sy stert gryp nie ha ha.

Ons klein engeltjie
jy’s vandag 1 jaar oud
so pragtig soos ‘n diamant
so kosbaar soos goud
met jou ogies so blou
en jou klein lyfie so lou
vir jou het ons lief
jy’s ons klein hartedief

 
 





 

No comments:

Post a Comment