Tuesday 10 January 2012

Op vakansie in Namibië (Deel 1)

Ons het die oggend van 4 Desember vroeg uit die Kaap uit vertrek Namibië toe. So opgewonde dat die familie bietjie vir Marli beter kan leer ken, nou dat sy ‘n persoonlikheid ontwikkel het. Die vakansie het nie so lekker afgeskop nie, want ek word daai oggend toe wakker met ‘n maag virus. Dit is glad nie lekker om 10 ure op die pad te wees met ‘n besige baba as jy so olik voel nie. Al wat ek wou doen is om te lê en slaap en al wat Marli wou doen is speel (Sug).

Ons het daarom maar oorgeslaap in Keetmanshoop by Maritz Country Lodge sodat ek kon rustig verkeer. Ek was verstom met die pragtige kamer. Baie stylvol. (Dankie ma vir jou goedhartigheid om vir die kamer te betaal het). 








Omdat ek nie die krag gehad het om te staan en met Marli te stort nie, moes die wasbak maar as ‘n bad vir Marli dien.

Vroeg die volgende oggend het ons vetrek na Okahandja, waar ons die aand by my ouers sou spandeer. Ons het toe ‘n vinnige pit stop gemaak by my susters in Windhoek, en die niggies was so opgewonde om ‘n nuwe maaitjie te sien, dat Marli sommer dadelik moes inspring en saam swing ry.

By my ouers die aand, het ons besluit om solank vir Marli die stootwaentjie met blokkies te gee wat ons vir haar as kersgeskenk gekoop het sodat sy die loop solank die vakansie kan beoefen, en ons het skaars die waentjie aanmekaar gesit, of Marli het die hele huis rond geloop en stoot. Sy het dit verskriklik geniet om mobiel te wees.

Die volgende dag was ons weer oppad Tsumeb toe vir die eerste 2 weke van ons vakansie by Collin se ouers. Marli se ouma en oupa Prinsloo. Ag toggie, die twee was so opgewonde vir ons kuiertjie. Die hele huis en jaard was vol speelgoed vir Marli en in haar kot ‘n GROOT teddiebeer en ‘n stel nuwe kleertjies. Te dierbaar. Die teddy is amper 3 keer Marli se lengte. Maar sy was baie gelukkig met haar nuwe teddie, veral as dit by slaaptyd kom.

In die tyd wat ons in Tsumeb was het Marli nog ‘n tandjie gesny, nommer 5. Nommer 6 is ook amper daar. Sy het ook geleer om haar tong vir ons te wys as ons vra: “Waar is Marli se tong?”

Marli het dit vreeslik geniet om haar waentjie rond te stoot, ons moes maar bont staan. Ek en skoonma het haar maar eendag in die straat laat afstoot todat sy moeg was, arme kind, die volgende dag was sy nie meer lus vir stoot nie.
Ek het gedspot en gese dat ons ‘n klein prinsessie van die Kaap af saam gebring het, maar in Namibie het sy geleer plaaskind word, want een oggend na ontbyt, tel ouma haar mos op die tafel, en daar loop sit sy wydsbeen om die swart pot en eet sommer die pap so met haar hand uit die pot uit, en ouma moes ook saam eet.

Marli het haar eerste regte Kersfees beleef, toe pappa “Krismis-vader” moes speel een aand vir al die niggies en nefies. Sy kon nie verstaan hoe hierdie lelike ou man soos haar pa klink, maar nie soos hy lyk nie. Was maar skrikerig vir die ou man.


Ons het een Sondag toe die motor gepak en deur gery Etosha panne toe vir die dag. Ons het die gewone wild gesien wat jy maar elke dag sien, maar 2 diere wat ‘n hoogtepunt vir die dag was, was die luiperd wat langs ons verby kom loop het en die groot Olifant bul wat ons by die een watergat gekry het. Nog nooit was ons so naby aan hierdie 2 dierie in die wild as op hierdie dag nie.

Die volgende Sondag het Collin en sy broer gaan golf speel en ons besluit toe om dit ‘n familie dag te maak. Ons meisies het die karretjies gery en die manne het gespeel. So lief as wat Marli vir bestuur is, was sy meer gepla oor die stokke en die balletjies as om die karretjie te bestuur, maar ek het myself geniet.





Hier is so paar fototjies van Marli se tydjie in Tsumeb:

1 comment:

  1. oh my God!!!
    my niggie is so mooi ... Ek is in liefde met die blou oë !!!... ek hoop om haar binnekort te ontmoet ... mis jou my broers!!
    Vlady.

    ReplyDelete