Friday 9 December 2011

Marli en Nicah na ‘n jaar

Orals waar ons gaan ontmoet mens nuwe vriende. So ‘n dag was 18 November 2010, ‘n dag nadat Marli gebore is. Ons was in kamer 9A in Vergelegen Medi-Clinic hospital in Somerset Wes. Ek en Marli was alleen in die kamer (Marli het natuurlik geslaap en ek het gele en tydskrif lees) toe die Kroukamp gesin met tassies die kamer in stap. Goeie nuus, ons sou binnekort kamer-maats ontvang!
‘n Paar minute later toe rol hulle vir mamma Lunique daar in en nie lank daarna nie, het baba Nicah ook daar aan gekom. Pragtige mensies. Ons het baie goed oor die weg gekom en lekker gesels. Die hele gesin het diep in ons harte in gekruip. Dit was ‘n hartseer dag toe ek en Marli ontslaan is, ons het die saam kuier baie geniet.
Wel, die viendskap het gelukkig nie daar geëindig nie. Ons het darem in kontak gebly en sien mekaar so nou en dan.
Ons is toe genooi na Nicah se eerste verjaardag partytjie toe en hulle sou dan die volgende dag weer na  Marli se partytjie toe kom. Hier is ‘n paar fotos van Nicah se partytjie.

Ons weet nie waar on paaie volgende lei nie, maar een ding is verseker, vriende is vir altyd, al bly jy vêr van mekaar af.  
  

1 comment:

  1. ahh love dit! Onthou self die dag toe ek julle ontmoet het! Julle was so amazing en presies wat Nicah en Luna nodig gehad het! God se seen! Wow!

    ReplyDelete