Wednesday 6 July 2011

Marli help mamma bak ...


Dit is Sondag, 26 Junie 2011, Collin se verjaarsdag. Hy het eintlik verlof, maar hulle is besig met 'n vakansie-kursus wat sou aanhou tot 1 uur. Ek besluit toe dat ek vir hom 'n sjokolade-mousse koek sou bak, dat ons darem sy verjaarsdag vier op een of ander manier.

Marli was vandag nie lus om op haar eie op die bank te sit en TV kyk nie. so toe vat ek maar die lap-belt wat ek gebruik as ek en sy gaan stap, en bind haar aan my vas. Toe kom die groot taak! Hie bak mens koek met 'n baba van 7 maande wat se handjies net aan alles wil vat wat sy sien. Dit was nogals 'n ggroot toets. Ek moes party maal ver van die werk oppervlagte staan en met uitgerekte arms probeer doen wat ek wil doen sodat haar handies buite beriek van sekere items kon wees soos warm potte ens. 

Ek het haar toe gelaat om my te help klits, deur die elektriese klitser vas te hou. Maar toe ek die lemme afhaal om skoon te maak, het Marli dit in die hande gekry en begin om die room af te suig. Ek het haar toe gelos dat sy haarself geniet. Selfde met die gesmelte sjokolade. Die oomblik as ek die houtlepel uithaal, het sy die punt daarvan gegryp en gesuig. Na 'n rukkie was daai gesiggie vol room en sjokolade, sowel as haar broek en sokkies, want as sy die lepels nie gesuig het nie, dan het sy haar verbeel sy is in 'n "band" en sy is die drom speler. Dit was so lekker om saam my baba te bak en brou en ek sien uit na die dag wat sy letterlik saam mer mamma koekies gaan bak. Hierdie is die dinge wat ouerwees so lekker maak. 

Die koek was 'n reuse sukses en ons het lekker gesmul daaraan die aand saam met ons goeie vriende. Gelukkige verjaarsdag pappa!

No comments:

Post a Comment