Monday 25 July 2011

Liefde deur aanraaking...



Eendag toe ek in die apteek staan, kom ‘n dame na my toe en vertel my dat sy klasse gee in “Infant Massaging” en dat sy nog dames met babas benodig om die kursus op toe te pas,  sodat sy offisieel kan gerigestreer word as ‘n “Infant Massage Instructor”. Ek het huis toe gegaan en toe gedink, hoekom nie. Hier kry ek dit nou verniet, mens kan nie so 'n geleendheid verby laat gaan nie. Dit is ‘n geskenk wat die Here my gee. Ek kan my baba beter leer ken en ‘n gelukkiger, vriendeliker baba hê op die ou end van die dag. 
Ek het dadelik vir Monica gebel en my afspraak gemaak. Vir 4 weke moes ons klas loop. Ons het geleer hoe om te maseer eers op die bene, toe maag, bors, arms, rug en laastens die gesig. Ek en Marli het dit verskriklik geniet. Jy kon na die einde se kant toe sien wat ‘n verskil dit aan haar gemaak het. My kind het in ‘n energievolle kekkelbekkie verander en ek en my kind is nou nader aan mekaar as ooit tevore. Ek is so dankbaar Monica het op ons af gekom. Ek raai dit vir enige ouer aan.




Marli het tot 'n sertifikaat gekry!







Friday 22 July 2011

Hoekom ons haar "Marli" genoem het

Baie mense wat ons stop om met Marli te gesels, vra vir ons waar die naam "Marli" vandaan kom. So as julle ook gewonder het hoekom ons haar nou juis Marli genoem het, hier is die antwoord:


Thursday 21 July 2011

Een plus Een maak Drie!

Ek sit nou die dag en dink, dinge gebeur darem vinnig. Een dag was ek nog 'n alleen loper, toe kom Collin in my lewe, en toe volg die "I do" en twee jaar later, hier is Marli. Wat 'n avontuur! 
Ek sien uit na baie gelukkige jare nog saam as 'n familie.

Toe onthou ek ook hoe my ma altyd gespot het en vertel het dat die Predikant vir hulle gelieg het die dag toe hulle getrou het, want hy het vir hulle gesê  : "Willem en Hattie, julle is nou een", en nou is ons vyf in ons gesin he he. Wel, dis net ons as gesin. Intussen het daar twee skoonseuns en drie kleindogters by gekom.
So ek kan ook dieselfde sê, nou die dag was ek en Collin nog een, nou is ons drie. So 1+1=3. Die skole leer mens heeltemal verkeerd :).

Hier is ons as gesin. Marli is sewe maande oud in hierdie foto. Ek is mal daaroor hoe Collin vir haar kyk, en hoe sy na my loer. Die een ding wat ons nie kan weg steek nie, is hoe baie lief ons vir mekaar en Marli is, en ook hoe lief Marli ons as ouers het. Fotos lieg nie. Jy voel sommer die "Chemistry". 
Ek en Collin stem or een ding saam, sy is die wonderlikste deel van ons lewe! Ons is lief vir jou Liefie-blom!

Sunday 17 July 2011

'n Vader se liefde

Ek het altyd gehoor dat dogtertjies pa se kinders is, en nou beleef ek dit persoonlik. Hoe ouer sy word  hoe liewer word hy vir haar. Elke dag ‘n bietjie meer. Pa se meisiekind. Dit help nogals dat Marli baie na hom lyk.
Dit is so lekker om te sien hoe Marli se gesiggie ophelder as hy in die oggende vir haar groet, asook elke ander keer wat sy hom sien. Glimlag van oor tot oor sodat jy die dimpels kan sien. As Collin in die omtrek is, het sy net oë vir hom.
Collin gaan laai haar in die oggende af by die dagmoeder en hy gaan laai haar gewoontlik in die aande op voordat hy my oplaai. As ek uitkom, sit hy in die motor  vir my en wag, met haar op sy skoot en sy maak of sy die motor ry (Pa se klein renjaertjie). As ons haar saam gaan oplaai, moet ek soms hardloop om eerste daar te kom as ek haar bietjie wil houvas. Dit is so snaaks om te sien hoe ons twee in gehardloop kom, en ek nogals op my hoë hakke. Ouma Truter sê sy geniet dit om te sien hoe broeis Collin oor sy meisiekind is.
Ek het nie probleme om Collin te vra om te help opstaan en vir Marli bottle gee nie. Hy doen dit met liefde. Elke tweede aand is sy beurt. As ons kerk toe gaan, en Marli is nukkerig oor sy wil slaap, staan hy enige tyd op en gaan loop met haar ‘n draai todat sy slaap.
Nie eens te praat van as ons winkel toe gaan nie. Collin stoot vir Marli en ek moet maar die mandjie stoot. Hy is baie erg oor sy meisiekind.
Ek is tog te dankbaar dat my man sy dogtertjie liefhet soos ek haar liefhet en dat hy so ‘n hulpsame pappa is. Ek kan met ‘n geruste hart vir Marli by hom los en weet sy sal in goeie hande wees.
Dankie Collin vir jou liefde en bystand. Dankie dat jy so ‘n goeie man en goeie pa vir ons dogtertjie is. Ek is seker Marli gaan groot word om baie erg oor haar pa te wees, ek sien dit nou al. Ons is baie life vir jou!

Nog 'n maand ouer...

Elke maand maak ek hierdie blokkie om Marli se "maandelikse verjaarsdag" te vier en om rekord te hou van hoe sy groei tot en met 1 jaar. Volg dit gerus saam met ons.
Ek kan nie glo hoe vinnig die tyd vlieg nie. Waar is daai eerste aand wat ek met haar in my arms in die hospitaal gelê het. Sy is nie meer 'n klein babatjie nie, sy raak nou 'n regte meisiekind.



















Wednesday 6 July 2011

Marli help mamma bak ...


Dit is Sondag, 26 Junie 2011, Collin se verjaarsdag. Hy het eintlik verlof, maar hulle is besig met 'n vakansie-kursus wat sou aanhou tot 1 uur. Ek besluit toe dat ek vir hom 'n sjokolade-mousse koek sou bak, dat ons darem sy verjaarsdag vier op een of ander manier.

Marli was vandag nie lus om op haar eie op die bank te sit en TV kyk nie. so toe vat ek maar die lap-belt wat ek gebruik as ek en sy gaan stap, en bind haar aan my vas. Toe kom die groot taak! Hie bak mens koek met 'n baba van 7 maande wat se handjies net aan alles wil vat wat sy sien. Dit was nogals 'n ggroot toets. Ek moes party maal ver van die werk oppervlagte staan en met uitgerekte arms probeer doen wat ek wil doen sodat haar handies buite beriek van sekere items kon wees soos warm potte ens. 

Ek het haar toe gelaat om my te help klits, deur die elektriese klitser vas te hou. Maar toe ek die lemme afhaal om skoon te maak, het Marli dit in die hande gekry en begin om die room af te suig. Ek het haar toe gelos dat sy haarself geniet. Selfde met die gesmelte sjokolade. Die oomblik as ek die houtlepel uithaal, het sy die punt daarvan gegryp en gesuig. Na 'n rukkie was daai gesiggie vol room en sjokolade, sowel as haar broek en sokkies, want as sy die lepels nie gesuig het nie, dan het sy haar verbeel sy is in 'n "band" en sy is die drom speler. Dit was so lekker om saam my baba te bak en brou en ek sien uit na die dag wat sy letterlik saam mer mamma koekies gaan bak. Hierdie is die dinge wat ouerwees so lekker maak. 

Die koek was 'n reuse sukses en ons het lekker gesmul daaraan die aand saam met ons goeie vriende. Gelukkige verjaarsdag pappa!