Tuesday 10 January 2012

Op vakansie in Namibië (Deel 2)


Toe ons 2 weke in Tsumeb tot ‘n einde kom, is ons na my ouers se vakansie huis in Hentiesbaai vir die 2 weke wat ons saam met my familie sou deur bring.

Ou-kersaand het ons ‘n familie ete gehad.  Ek was in beheer van die tafel versiering en my ma vir die kos. Sjoe, het sy vir jou ‘n maaltyd opgekook. Ek lus nou nog daai lekker kossies. Dankie ma.

Ouma Hattie het vir al 3 niggies dieselfde rokkies gekoop. Hulle het so kosbaar gelyk, maar probeer hulle nou kry om stil te sit en glimlag vir die kamera, ontmoontlik. Nes die een reg sit dan kruip die ander een weg. So hierdie is ongelukkig die beste foto van almal wat ek geneem het.

"Kersvader het hier by die see ook kom kuier, maar dit moes 'n ander een gewees het, want hy het nie soos my pa geklink nie en hierdie keer was ek nie so verskriklik bang vir hom nie. Ek het hom darem 'n soentjie gegee."

Vandat Marli gebore was, was sy nog nie regtig oud genoeg om strand toe te vat nie en toe sy was, toe was dit weer te koud en reënerig. Maar hierdie Desember het sy nou regtig leer ken hoe dit is om strand toe te gaan vir die dag en in die sand en see te speel en swem. In die begin het sy so bietjie gegril vir die sand, maar toe sy dit eers gewoond is, het sy dit sommer begin eet.

Nog ‘n dag van groot vreugde, maar ook baie trane, was 31 Desember. Ons het nog so in die kombuis rond gehang toe my ma ewe skielik begin sê “hier kom sy”, maar ek was nie bewus waarvan sy praat nie. Sy sê toe vir my Marli het begin stap. Sy het Marli toe weer gehelp om mooi reg te staan en haar balans te kry, en toe sy laat los, het Marli geloop todat sy die speel ding op die grond gesien het, en toe is dit verby. Ek het so hard geskree soos die dag wat Collin my gevra het om te trou. Maar daarna het die trane weer gevloei, want met elke nuwe stap word my babatjie net groter en groter. 
  • In die tyd wat ons in Henties was het Ouma Hattie haar geleer “babatjie” se. 
  • Ouma het haar ook geleer om die pop te vat en vir haar “Doedoe-babatjie” te sing. 
  • Sy het ook ewe skielik begin se “kyka”, wat beteken kyk daar. 
  • As ons nie seker was nie, is ons definatief nou seker dat haar eerste word Pappa was. Sy het dit altyd net gefluister, maar hierdie vakansie het sy dit al hoe meer duideliker en harder gesê, en laat pa nie reaggeer as sy praat nie, dank tik sy hom so op die skouer en sê pappa todat hy vir haar kyk. Hartseer vir my om te aanvaar dat mamma nie haar eerste woord was nie. 
  • Sy het ook ewe skielik begin die selfoon, of enigiets wat soos ‘n foon kan lyk, by haar oor te hou en klip hard te begin gesels. 
  • Sy het ook mooi geleer hoe om dankie te sê as sy iets aangee. 

Nuwejaar het ons soos ouder gewoonte by die Burger’s gaan feesvier. Dit was 'n rustige aandjie. Lekker om buite in die vars lug te sit en die geselsskap van vriende en familie te geniet. Hierdie jaar het ons 'n lekker Chinese braai gehad.

Soos alle lekker dinge, kom alles tot 'n end en moes ons die 2de Januarie weer terug draai Kaap se kant toe.  Ek het saam met Marli agter in die motor gery om haar besig te hou in haar wakker tye en ook makliker om haar te kan voer en so aan, toe moes Teddie maar op die voorste sitplek sit, en om seker te maak ons kry ni e'n boete nie, het Teddie ook sy veiligheidsgordel aan gehad he he.

Baie dankie aan al ons familie vir die heerlike tyd wat ons gehad het in Namibië. Dankie vir al die liefde en bederf en baie baie dankie dat julle vir Marli soveel liefde en aandag getoon het. Ons is baie lief vir julle. Voorspoedige 2012!


No comments:

Post a Comment