Tuesday 13 December 2011

Die groot 1!

17 November 2010, ‘n jaar terug wat Maril gebore is! Kan dit waar wees? Almal het my gewaarsku en gesê: “Jy moet hulle geniet terwyl hulle so klein is, dit gaan so vinnig verby”, en het dit nie. Alles voel nog vir my so nuut, en tog is ek vir ‘n jaar lank al ‘n ma. Di t voel of ek droom.
Ons het vir M aril ‘n skool-partytjie gehou op die dag van haar verjaardag, maar die Sondag was haar groot partytjie saam met al ons vriende en geliefdes. Ek het daai hele week al gebid dat die weer tog net in ons guns sou tel, want ons het ‘n tuinpartytjie beplan. Tot op die dag het ek so gehoop die weer verander, maar die Kaap en sy weer is baie onvoorspelbaar, en al het dit toe nie gereën nie, het die wind baie sterk gewaai en was dit te koud en onsmaaklik om dit buite te hou. Ek moes maar vinnig plan maak en het ‘n saal daar naby gereel, sodat ons gaste nie verniet daarheen sou ry nie en  nie nodig het om almal te kontak nie. So ja, als het toe nie uitgewerk soos ek dit beplan het nie, maar dankbaar met goeie vriende was die partytjie ‘n sukses.
Dingetjies van Marli wat sy in hierdie afgelope  jaar kwyt geraak het:
·         Sy hou van papier eet, hoekom weet ek nie, maar sy doen. Veral sneusdoekies en toiletpapier.
·         Sy hou van wegkruipertjie speel en kan kraai van die lag.
·         Haar kielie plekke is onder haar voete en op haar ruggie en so bietjie in die nek.
·         Sy is mal oor piesangs.
·         Hou van kinders. Kan vir ure vir hulle sit en kyk.
·         Sy het haar tong ontdek. As jy vra:”Marli, waar is jou tong?”, dan steek sy hom so vêr uit.
·         Sy maak die oulikste vis-bekkie.
·         Sy hou nie daarvan dat haar hande of voete vuil word nie.
·         As sy wakker word, en haar pappa slaap nog, dan tik sy hom so op die skouer en roep “hey”.
·         Baie lief vir haar bad.
·         Sy het diep, diep in haar pa se hart in geklim, natuurlik mamma s’n ook.
·         Sy het dare 4 tande gesny vanaf 9 maande.
·         Sy het begin kruip eers op 11 maande, met tekens van stap.
·         Sy het 26cm in lengte gegroei en 5.5kg in gewig.
·         Haar gusteling prentjies is “Carike en Ghoempie”. Almal van hulle.
·         Sy slaap met teddy oor haar gesig  en sy haat dit om toegegooi te word, sy skop al die komberse af.
·         Sy het op 6 maande Duitse maesels gehad.
·         Sy wou nooit ‘n dummy aanvaar nie.
·         Lief vir diere, maar die kat wil nie stil sit as sy hom aan sy stert gryp nie ha ha.

Ons klein engeltjie
jy’s vandag 1 jaar oud
so pragtig soos ‘n diamant
so kosbaar soos goud
met jou ogies so blou
en jou klein lyfie so lou
vir jou het ons lief
jy’s ons klein hartedief

 
 





 

Friday 9 December 2011

Marli en Isabella verjaar saam

Marli het ‘n maaitjie by die skool, Isabella, wat net so oud is soos sy, maar min het ons geweet hulle verjaar op presies dieselfde dag.
Een middag toe ek Marli gaan oplaai het, het ek en Isabella se ouma aan die gesels geraak en gepraat van die verjaarsdae wat opkom en dit is daar waar ek toe uitvind hulle is op dieselfde dag gebore, in dieselfde hospitaal en nou gaan hulle nog na dieselfde skool ook, en ons was nooit bewus daarvan nie. Bella was die oggend gebore en  Maril die middag.
Wel, ek het toe Bella se mamma ontmoet en ons het gepraat om vir hulle twee ‘n partytjie saam te hou by die skool op die dag van hulle verjaardag. Ons het sommer een Sondag oor ‘n braai mekaar behoorlik leer ken en toe die middag geneem om al die goedjies vir die partyjie te maak. Wat ‘n lekker span poging was dit nie.
En toe breek die groot dag aan, ons pragtige engeltjies word toe een jaar oud. Ek het baie laat nog staan en koek bak vir die skool partytjie, en toe ek bed toe gaan, het ek aan haar geraak daar waar sy so vas lê en slaap, en met trane in my oë, haar geluk gewens met die verjaardag. My hart was nie bly nie. Dit het hopeloos te vinnig verby gegaan. Nou is die baba ‘n klein dogtertjie. Maar vreugde bring sy nogsteeds in ons huis, en daarvoor is ek altyd dankbaar vir my pragtige kind.
Gelukkige verjaardag my skat. Ma bid vir jou wysheid toe, vir goeie en regte besluite in jou lewe, geluk, mag die Here die seer in die lewe so vêr moontlik van jou af weghou, wysheid vir ons as ouers, sodat ons jou reg sal grootmaak en liefde in oorvloed, mag jy nooit nikswerd voel nie.

Marli en Nicah na ‘n jaar

Orals waar ons gaan ontmoet mens nuwe vriende. So ‘n dag was 18 November 2010, ‘n dag nadat Marli gebore is. Ons was in kamer 9A in Vergelegen Medi-Clinic hospital in Somerset Wes. Ek en Marli was alleen in die kamer (Marli het natuurlik geslaap en ek het gele en tydskrif lees) toe die Kroukamp gesin met tassies die kamer in stap. Goeie nuus, ons sou binnekort kamer-maats ontvang!
‘n Paar minute later toe rol hulle vir mamma Lunique daar in en nie lank daarna nie, het baba Nicah ook daar aan gekom. Pragtige mensies. Ons het baie goed oor die weg gekom en lekker gesels. Die hele gesin het diep in ons harte in gekruip. Dit was ‘n hartseer dag toe ek en Marli ontslaan is, ons het die saam kuier baie geniet.
Wel, die viendskap het gelukkig nie daar geëindig nie. Ons het darem in kontak gebly en sien mekaar so nou en dan.
Ons is toe genooi na Nicah se eerste verjaardag partytjie toe en hulle sou dan die volgende dag weer na  Marli se partytjie toe kom. Hier is ‘n paar fotos van Nicah se partytjie.

Ons weet nie waar on paaie volgende lei nie, maar een ding is verseker, vriende is vir altyd, al bly jy vêr van mekaar af.