Tuesday 16 August 2011

Marli herenig met haar familie ...

Ek en Marli het die 5de Augustus op gevlieg Namibië toe vir my jongste suster, Anne, se 21ste verjaarsdag. Sy het baie mooi gelyk en die partytjie was baie lekker gewees. Hier is ons familie foto.
Marli was 2 maande oud toe ons laas in Namibië was, so die familie het uitgesien om haar weer te sien na omtrent 7 maande. Intussen het Claudine geboorte gegee aan ‘n pragtige baba dogtertjie op 25 Februarie, met die naam “Mia”. So dit was die eerste keer dat ek en Marli haar sou ontmoet.
Hier sit die 3 niggies bymekaar op die bank. Hulle gaan eendag darem baie lekker saam speel (en baklei he he).
Hier is die drietjies saam met ouma Hattie.  So ‘n trotse ouma het ek nog nie gesien nie.
Een aand sit en kyk Maril een van haar stories in die bed. Danica kom toe in die kamer in gestap en gaan sit langs Marli op die bed om storie te kyk, en sy sit haar arm om Marli. Awwww, my hart wou smelt. Is dit nie te dierbaar nie?
Die volgende oggend sit al drietjies sommer saam in die bed en storie kyk. Die drie musketeers!
Ouma en Oupa Prinsloo het darem die laaste naweek wat ons daar was kon kom kuier, al die pad van Tsumeb af. Marli is die eerste kleinkind aan hulle kant, so hierdie ouma en oupa se harte is ook maar baie trots op hierdie kleinding.
As ek so na hierdie fotos kyk, dan besef ek dat hierdie die dinge is wat betekenis aan die lewe gee. Ek is so dankbaar vir my pragtige familie en dat ek so geseënd kan wees. Ek sien uit na die dag wat ons terug kom huis toe, sodat Marli nog baie goeie tye saam met haar niggies en familie kan deurbring.

Aan my familie, dankie vir die lekker kuiertjie. Ek en Marli het dit baie geniet. Lief julle!

No comments:

Post a Comment