Sunday 21 August 2011

'n Lui-lekker Saterdag ...

Saterdag was dit net een van daai dae wat ek gevoel het ek kan heeldag in my ‘pajamas’ rondloop. Marli het ons so net na 6 wakker gemaak. Dit is gewoontlik hoe ‘Murphy’ werk, in die week slaap sy omtrent todat ons moet ry, maar naweke word sy wakker rondom die tye wat ek gewoontlik in die week moet opstaan.
Ons het maar so bietjie met haar gesels en gespeel, haar onbyt gevoer en toe het sy weer hier rondom half 9 se kant aan die slaap geraak. Ek het my nie twee keer laat nooi nie, ek het saam met haar op gekrul in die bed en verder geslaap.
Collin, die dierbare man wat hy is, het baie lus gehad vir ‘n lekker ontbyt, en omdat ons nou nie die bestandele gehad het vir ‘n goeie ‘boere-ontbyt’ nie, het hy dit goed gedink om vir ons plaatkoekies te bak. Terwyl ons slaap het ek gehoor hoe bak en brou hy daar in die kombuis. Teen half 11 toe ons opstaan was die ontbyt gereed vir eet. Marli het dit net so baie geniet soos ek. Yum-yum!!!
Ek moes my nuwe kamera in wei, so Marli en haar nuwe B@A-B@A moes maar my modelle speel.
Met die pragtige weer wat ons gehad het, het ons gedink om ‘n draai te gaan ry. Toe ons see langs ry, kon ons nie anders as om gou ‘n draai op die strand te gaan loop nie. Marli het vir die eerste keer in die sand gesit en speel. As dit eers somer word gaan ons darem lekker sand-kastele bou jong.
Die namiddag het ons gaan loop langs die riviertjie naby Lourensford saam met ons vriende. Ek is nou nie mal oor die reen in die winter nie, maar kyk net hoe mooi groen is die natuur.
Die dag se aktiwiteite het Marli heel uit geput. Is sy nie die mooiste engeltjie as sy slaap nie?
Ons het die dag af geëindig met ‘n lekker braai die aand saam met ons vriende. Namibiërs laat nie die koue hulle afskrik nie.
En Marli het haar eie persoonlike 'babysitter' gehad ...

No comments:

Post a Comment