Monday, 6 February 2012

Nuwe jaar, nuwe dinge...

Vandat Marli een geword het, is dit asof sy oornag groot geword het. Sy het op 13 maande begin loop, en nou is niks eer veilig in die huis nie, want sy kan nou gemaklik rondbeweeg. Een oomblik is sy nog hier langs jou en die volgende oomblik is sy net weg, en saa met die stilte weet jy sy is besig om iets aan te vang. Een ding waarvan sy hou om te doen, is om die toiletpapier af te rol. Hier het ek haar gevang in aksie.
Sy is nogsteeds baie lief vir haar Teddiebeer wat Ouma Prinsloo vir haar gekoop het Desember, en slaap gereeld met Teddie in die bed. Een oggend loop ek in en sien haar daar lê Teddie bo-op haar. Sy het omtrent met hom rond gerol in haar slaap. Partykeer sien jy net haar beentjies daaronder uitsteek.
In die begin het Viola, my swart kat, maar vinnig weg gehardloop as Marli in die omtrek was. Sy het niks van die baba se gehuil gehou nie. Toe Marli so bietjie meer mobiel was, het Viola nogsteeds die hasepad gekies as Marli aan haar wou vat, maar noudat Maril veel groter is, het die tweetjies nogals goeie maaitjies geword. Marli pluk haar darem nie meer aan die stert rond nie.
Dit is somer in die Kaap, en dit is warm. ‘n Ander hitte as wat ons gewoond is in Namibië. Dit is ‘n meer bedompige hitte. Ek het vir Marli haar swambadjie vol water getap, toe sy die tuinslag beet kry en daarmee begin speel. Die klere was sopnat gespeel. Toe sien sy hoe ma water drink uit die tuinslang uit, en soos enige kleintjie wat jou goed bestudeer, het Marli ook prober om water te drink. Dit is vir my so lekker om haar gesiggie te kyk as sy iets nuuts ontdek of uitprobeer. Daai bietjie skrik, en dan die besef dat dit eintlik lekker is.
Ons goeie vriende se dogtertjie Twaine speel graag met Marli. Vir dogtertjies haar ouderdom is dit seker lekker om met ‘n lewendige pop te kan speel. Hulle het haar nou die aand aangetrek en gevoer en gebad en getof, en arme Marli sit maar net doodstil en laat dit toe. Hier sit Twaine vir haar en storie lees. Lekker om ‘n baba-oppasser beider hand te kan hê.
So baie as wat ek Marli se baba stadium verlang, het elke stadium maar sy mooi. Ons geniet nou vreeslik die dingetjies wat sy doen en sê en om te sien hoe haar persoonlikheid ontwikkel. Ons sien baie uit na wat sy volgende vir ons in stoor het.

No comments:

Post a Comment