Ons het daarom maar oorgeslaap in Keetmanshoop by Maritz Country Lodge sodat ek kon rustig verkeer. Ek was verstom met die pragtige kamer. Baie stylvol. (Dankie ma vir jou goedhartigheid om vir die kamer te betaal het).
Omdat ek nie die krag gehad het om te staan en met Marli te stort nie, moes die wasbak maar as ‘n bad vir Marli dien.
Vroeg die volgende oggend het ons vetrek na Okahandja, waar ons die aand by my ouers sou spandeer. Ons het toe ‘n vinnige pit stop gemaak by my susters in Windhoek, en die niggies was so opgewonde om ‘n nuwe maaitjie te sien, dat Marli sommer dadelik moes inspring en saam swing ry.
By my ouers die aand, het ons besluit om solank vir Marli die stootwaentjie met blokkies te gee wat ons vir haar as kersgeskenk gekoop het sodat sy die loop solank die vakansie kan beoefen, en ons het skaars die waentjie aanmekaar gesit, of Marli het die hele huis rond geloop en stoot. Sy het dit verskriklik geniet om mobiel te wees.
Marli het dit vreeslik geniet om haar waentjie rond te stoot, ons moes maar bont staan. Ek en skoonma het haar maar eendag in die straat laat afstoot todat sy moeg was, arme kind, die volgende dag was sy nie meer lus vir stoot nie.
Ek het gedspot en gese dat ons ‘n klein prinsessie van die Kaap af saam gebring het, maar in Namibie het sy geleer plaaskind word, want een oggend na ontbyt, tel ouma haar mos op die tafel, en daar loop sit sy wydsbeen om die swart pot en eet sommer die pap so met haar hand uit die pot uit, en ouma moes ook saam eet.
Ons het een Sondag toe die motor gepak en deur gery Etosha panne toe vir die dag. Ons het die gewone wild gesien wat jy maar elke dag sien, maar 2 diere wat ‘n hoogtepunt vir die dag was, was die luiperd wat langs ons verby kom loop het en die groot Olifant bul wat ons by die een watergat gekry het. Nog nooit was ons so naby aan hierdie 2 dierie in die wild as op hierdie dag nie.
Hier is so paar fototjies van Marli se tydjie in Tsumeb:
oh my God!!!
ReplyDeletemy niggie is so mooi ... Ek is in liefde met die blou oë !!!... ek hoop om haar binnekort te ontmoet ... mis jou my broers!!
Vlady.