Monday 5 September 2011

Tandjies en Tandeborsels ...

Marli is het toe die volgende mylpaal behaal in haar negende maand, en dit is om tande te kry. Sy het nogals langer gevat as meeste van haar maats haar ouderdom vir die eerste tand om sy verskeining te maak, maar dit het my nie bekommer nie, want ek het gelees dat hoe later die tande uitkom, hoe gesonder is hulle. Hier is die foto van haar onderste twee tandjies.
 Dit was nogals 'n uitdaging om hierdie foto te kry, want die tandjies is nog te klein om dit te sien as sy glimlag, en sy is nie baie mal daaroor dat jy jou vinger in haar mond druk nie, maar ek het aanhou probeer tot sy op 'n slag gegil het van lekkerkry en ek die tandjies mooi kon sien. Nou wil mammie haar help om die tandjies gesond te hou. So ek het vir haar haar eerste tandeborsel gekoop en Marli hou vreeslik daarvan as ons tandjies borsel.
Dit dien ook as 'n heerlike kou-aperaat vir die jeukende tandvlies, daar waar die boonste tandjies net net hulle verskeining maak. Nog so 'n dag of twee, dan behoort die ander tandjies ook hier te wees. Marli gaan 'n mond vol tande hê teen die tyd van haar eerste verjaarsdag.
Marli is nogsteeds die maklikste kind om groot te maak, want deur hierdie hele tyd van tandekry het sy omtrent niks gehuil nie. Toe ons net sien, toe sit die tande daar. 'n Vrou wat saam my werk het eendag vir my gesê: "Marli is die vriendelikste en die maklikste baba wat sy nog gesien het, want al is sy so siek, sal sy nogsteeds glimlag. Jy sou nie se sy is siek nie".  Ek kan die Here nie genoeg dank vir hierdie pragtige kind nie. Sy is soveel meer as waarvoor ek gevra het. Dankie Jesus.

No comments:

Post a Comment