Monday, 12 September 2011

Nuwe tandjies en uitdagings ...

Nou ja, ek het gelees dat babas op Marli se ouderdom moet eksperimenteer met kos wat hulle self met hulle vingertjies kan vashou en hulleself probeer voer. Oordat ons nie spasie in ons klein studente woning het vir ons eettafel nie, het ek nog nie hierdie ding uitprobeer nie, want hoe lyk my banke dan? Ek het toe maar 'n kombersie afgestaan wat sy maar kan bemors. Ons sal dit maar haar eet en speel kombersie maak. Ek het die kombersie op die grond oop gegooi en haar daarop neer geplaas met haar bordjie roer-eiers voor haar en haar toe gelaat om haarself te geniet, en volgens die foto kan julle sien dat sy dit behoorlik geniet het. Natuurlik moes ek ingryp en so bietjie help voer, want nie veel het in die mond beland nie.

Marli was Saterdag nie heeltemal haarself nie en ek kon nie verstaan wat aangaan nie. Ek het gewonder of die oulike baba-stadium nou iets van die verlede was en of dit nou die nuwe uitdagings is wat ons in die gesig staar soos hulle groter word, maar na so drie of vier ordentlike vuil doeke met een eienaardige klank, het ek dadelik in haar mondjie gekyk, net om te sien dat die vierde tand sy verskeining gemaak het. In drie en 'n half weke het Marli 4 tande gekry, en ek moet sê, sy was so 'n maklike baba. Sy het vreeslik siek geword met die derde tand, maar nogsteeds so vriendelik soos altyd, net met hierdie laaste tand wat sy so bietjie omgekrap was. My kind is nou uiteindelik reg om haar kossies te kan begin kou. Nou weet ek nie of ek moet bly wees of huil nie. Sy is nou net 'n klein dogtertjie, 'n klein babatjie is sy nie meer nie. The joys of motherhood.

Ek het toe so paar fototjies van haar probeer neem om te sien of ons die tande in die prentjie kan kry. Ek het darem 'n glimlag of twee gekry waar ons die tandjies kan sien. Sal maar weer later probeer as hulle so bietjie meer uit gegroei het.

Monday, 5 September 2011

Tandjies en Tandeborsels ...

Marli is het toe die volgende mylpaal behaal in haar negende maand, en dit is om tande te kry. Sy het nogals langer gevat as meeste van haar maats haar ouderdom vir die eerste tand om sy verskeining te maak, maar dit het my nie bekommer nie, want ek het gelees dat hoe later die tande uitkom, hoe gesonder is hulle. Hier is die foto van haar onderste twee tandjies.
 Dit was nogals 'n uitdaging om hierdie foto te kry, want die tandjies is nog te klein om dit te sien as sy glimlag, en sy is nie baie mal daaroor dat jy jou vinger in haar mond druk nie, maar ek het aanhou probeer tot sy op 'n slag gegil het van lekkerkry en ek die tandjies mooi kon sien. Nou wil mammie haar help om die tandjies gesond te hou. So ek het vir haar haar eerste tandeborsel gekoop en Marli hou vreeslik daarvan as ons tandjies borsel.
Dit dien ook as 'n heerlike kou-aperaat vir die jeukende tandvlies, daar waar die boonste tandjies net net hulle verskeining maak. Nog so 'n dag of twee, dan behoort die ander tandjies ook hier te wees. Marli gaan 'n mond vol tande hê teen die tyd van haar eerste verjaarsdag.
Marli is nogsteeds die maklikste kind om groot te maak, want deur hierdie hele tyd van tandekry het sy omtrent niks gehuil nie. Toe ons net sien, toe sit die tande daar. 'n Vrou wat saam my werk het eendag vir my gesê: "Marli is die vriendelikste en die maklikste baba wat sy nog gesien het, want al is sy so siek, sal sy nogsteeds glimlag. Jy sou nie se sy is siek nie".  Ek kan die Here nie genoeg dank vir hierdie pragtige kind nie. Sy is soveel meer as waarvoor ek gevra het. Dankie Jesus.