Saturday 17 March 2012

Bed-tyd storie...

Elke stadium van ons baba se lewe het sy mooi. Ons geniet haar so vreeslik. Sy is pure blydskap in ons huis.
Deesdae is sy vreeslik geïntriseerd in lees. As ma tydskrif lees, dan wil sy ook. As ma storie lees as dit bed tyd is,dan wil sy ook saam lees.

Hier het sy sommer een van my boekies op my bedkassie gegryp envir ons begin lees. Dit lyk kompleet of sy regtig kan lees wat daar staan, maar die oulikste is wanneer sy aan die einde van die boek kom en sê ..."klaar", en sy wys met die handjie. Ons wil haar opvreet.

Geniet!