Wednesday 29 June 2011

Opgedra aan die Here


15 Januarie 2011. Marli is amper twee maande oud en vandag is die dag wat ons dankie se aan die Here vir die kind wat Hy ons gegee het en haar op te dra aan Hom, dat ons haar sal groot maak in die weë van die Here.

Dit was 'n pragtige seremonie. Klein en intiem. Ons het dit gehou by Leraar Eben Greeff se huis in die klein sentrum wat hulle daar het waar hulle bybelstudies aanbied. Net die naaste familie en een of twee vriende was genooi. Tannie Wilma het soveel moeite gedoen vir die geleentheid. Sy het 'n uistalling gemaak met Marli se kleertjies en foto en 'n pragtige programmetjie gemaak en gedruk, met die woorde in van die spesiaale liedjie wat hulle vir Marli sou speel na die diens.

Hier is die woorde van die koor gedeelte:      
Lord, I want to be just like You

'Cause she wants to be just like me

I want to be a holy example

For her innocent eyes to see

Help me be a living Bible, Lord

That my little girl can read

I want to be just like You

'Cause she wants to be like me

Leraar Greeff het vir ons die boodskap gebring. Dit was so 'n eer dat hy dit kon doen, sienend dat hy die een was wat beide my en Collin gedoop het en ook ons in die huwelik getree het. Die Greeff gesin is 'n groot deel van ons lewens en ons is baie lief vir hulle.
Ek het nogals gestres of Marli moeilik gaan wees deur die diens. Ek het maar tot die Here gebid en gevra Hy moet haar rustig maak en die Here weet die beste, want daai kind het geslaap vandat die diens begin het, todat almal klaar geeet en huis toe gegaan het. Die soetste kind.
Die boodskap het my baie diep geraak en my in trane gehad. Hy het my maak besef dat hierdie kindjie vir ons geleen is vanaf die Here, en dat ons haar moet grootmaak vir die Here, en dit is toe dat ek besef dat daar nog soveel verkeerd in my is, so baie sondes, hoe kan ek as sondaar hierdie kindjie groot maak vir Hom. Maar weet jy, die Here het sondaars ook lief, en Marli is vir ons gegee nadat ons vir haar gebid het. Hy sou haar nie vir ons gegee het as ons nie bevoeg was nie. Solank ons ons beste gee en opkyk na Jesus, kan ons nie verkeerd gaan nie. Heer, gee my die krag en die wysheid om hierdie kindjie van U, reg groot te maak in U oë. Amen.
Wat nog 'n voorreg vir my was, was die feit dat die dooprokkie wat Marli aan gehad het, myne was. Alhoewel haar Tannie Claudine, Tannie Anne en Danica ook daarin gedoop was, is ek trots daarop dat sy my rok kon dra, 31 jaar later. Ek het dit maar net bietjie op getof met nuwe linte. Ons is baie lief vir jou Marli-kind, en elke dag dankbaar dat die Here so 'n pragtige dogtertjie vir ons gegee het.

Wednesday 15 June 2011

Vêr in droomland ...

Dis al 20h30 en Marli is nog nie aan die slaap nie. Ek lê met haar in die bed en probeer haar aan die slaap sus en sing toe Collin ook in die bed kom klim om te slaap want hy was moeg. Ek het nog 'n paar goedjies gehad om te doen, en los toe vir Marli by Collin in die bed met die hoop dat sy binnekort aan die slaap sou raak. Ek maak vir haar toe 'n bottel en vat dit vir Collin om vir haar te gee. Ek het skaars agter my rekenaar gaan sit, of ek word bewus van die doodse stilte wat daar in die slaapkamer heers. Ek gaan loer, en hier lê die twee vas aan die slaap. Wat 'n mooi prentjie. Pa en dogter langs mekaar in die bed, ver in droomland.